Skip to content

GOOD-party kritiseer Ramaphosa omdat hy DA-bestuur prys

# Die GOOD-party het president Cyril Ramaphosa gestriem oor sy beskrywing van DA-geleide munisipaliteite as maatstawwe en sê diepgaande ongelykhede in Kaapstad en Stellenbosch word geïgnoreer. Sekretaris-generaal Brett Herron sê hoewel hierdie munisipaliteite skoon oudits verseker, is hulle steeds globale voorbeelde van ongelykheid. Daar is meer as een-duisend-200 informele nedersettings in die Wes-Kaap en 400-duisend huishoudings wat huise benodig. Herron sê skoon oudits beteken min vir gemeenskappe wat armoede, bendegeweld en swak dienslewering ondervind. Hy noem dit grondwetlike misdadigheid en swak bestuur.