Skip to content

Godsdiensgroepe beboet wat brand laat ontstaan in Tafelberg Nasionale Park

# SANParke het godsdienstige groepe beboet wat onwettig vuur gemaak het in die Tafelberg Nasionale Park naby Boyes-rylaan en Peck’s-vallei in Kaapstad. Veldwagters het verskeie groepe gevind wat regulasies vir brandveiligheid oortree en hulle van die terrein verwyder. ‘n Woordvoerder, JP Louw, sê die brand is onder beheer en geen skade is aan eiendom aangemeld nie. ‘n Vrywillige brandbestryder is vir rook-inaseming behandel. Opruimingsoperasies duur voort. Die publiek word gevra om staproetes in die omgewing te vermy totdat dit weer veilig is.