# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het gewaarsku teen die implementering van ’n welvaartbelasting en gesê Suid-Afrika kan sewe miljard rand in jaarlikse inkomstebelasting verloor. Godongwana sê ongeveer twee-duisend-850 individue met ’n hoë netto waarde, wat elk oor meer as vyftig miljoen rand in bates beskik, dra aansienlik by tot die land se inkomste. Hy beklemtoon dat die instel van so ’n belasting hierdie belastingbetalers moontlik kan aanmoedig om te verhuis, wat die belastingbasis kan ondermyn. Hy pleit eerder vir alternatiewe maatreëls om inkomste te verhoog sonder die risiko van kapitaalontvlugting.
Godongwana waarsku welvaartbelasting kan veroorsaak dat SA R7-miljard per jaar verloor