# ‘n Lid van die reëlingskomitee van die Global Sumud-flottielje, Melanie Schweizer, sê voorbereidings is aan die gang vir die grootste humanitêre konvooi na Gaza sedert die blokkade begin het. Die flottielje verenig vier bewegings op voetsoolvlak wat dokters, regsgeleerdes, joernaliste en aktiviste bymekaarbring om lewensreddende hulp te lewer en Israel se blokkade uit te daag. Die organiseerders beklemtoon die sending is vreedsaam, wettig en humanitêr van aard met kos en medisyne aan boord. Hulle eis ‘n wapenstilstand, die opheffing van die blokkade en aanspreeklikheid vir oortredings van internasionale reg.
Global Sumud flottielje tref voorbereidings vir grootste humanitêre konvooi na Gaza