# Die algemene nywerheidswerkersvakbond Giwusa sê die regering van nasionale eenheid is ’n sameswering om onder die vaandel van ekonomiese groei, die privatisering van staatsbates en die verswakking van omgewingsregulasies te fasiliteer. President Cyril Ramaphosa het die tweede fase van Operasie Vulindlela van stapel gestuur met die doel om vinniger en meer inklusiewe ekonomiese groei te ontsluit. GIWUSA-president Mametlwe Sebei sê hierdie maatreëls sal Suid-Afrika se ekonomie nog verder ondergeskik maak aan imperialistiese belange:
GIWUSA sê RNE is ‘n sameswering om die privatisering van staatsbates te fasiliteer [KLANK]
ENG MametlweonPrivatisation