Skip to content

Gewilde Swingin’ Las Vegas op aanvraag terug op die verhoog

# Die gewilde Swingin’ Las Vegas keer van vandag tot 25 Mei op aanvraag terug na die Teatro, Montecasino in Johannesburg vir slegs agt vertonings. Die Johannesburgse Big Band van agtien lede, tesame met die sangers Craig Urbani, Timothy Moloi, Harry Sideropoulos en Nádine, sal gehore op ’n musikale reis van betowerende herinneringe deur die lewe en tye van Las Vegas neem. Gehore kan die tydlose musiek van Frank Sinatra, Nat King Cole, Ella Fitzgerald, Céline Dion, Robbie Williams en meer verwag. Kaartjies kos tussen 240-rand en 440-rand per persoon.