Skip to content

Gewese onderwyser in Johannesburgse hof in geskiedkundige saak van seksuele aanranding en voorbereiding

# ‘n Gewese onderwyser van St John’s Preparatory School in Johannesburg is borgtog van tien-duisend-rand toegestaan tydens sy eerste verskyning in die plaaslike Landdroshof op geskiedkundige aanklagte van seksuele aanranding en voorbereiding. Die 52-jarige man se beweerde slagoffer was net 12 toe die onderwyser hom na bewering in 2006 gemolesteer het. Die man is in 2014 weg en het onderhoof geword by ‘n ander skool in die stad, wat hom in 2021 gevra het om te bedank toe die bewerings bekend geword het. Die saak is uitgestel tot die agste van volgende maand.