Skip to content

Gewese Matiestudent Theuns du Toit onskuldig in uriene-saak

# ‘n Gewese student van die Universiteit Stellenbosch, Theuns du Toit, is onskuldig bevind aan crimen injuria en kwaadwillige saakbeskadiging in die uriene-sage. In ‘n video van die voorval in 2022 unineer hy op Babalo Ndwayana se besittings in die manskoshuis Huis Marais. Die landdros het teenstrydighede uitgewys in die klaer se getuienis en bevind die staat kon nie bewys dat die besope Du Toit opsetlik opgetree het nie. Die universiteit het hom na die voorval uitgeskop. Du Toit het sy verligting uitgespreek en sê hy studeer nou elders.