# ‘n Gewese ANC-parlementslid wat skuldig bevind is aan bedrog, Manyaba Rubben Mohlaloga, het sy tronkstraf van 20-jaar begin nadat hy gister by die Handelsmisdaadhof in Pretoria aangemeld het. Sy skuldigbevinding aan bedrog en geldwassery hou verband met ‘n onwettige toelaag van ses-miljoen-rand aan ‘n instelling met net ‘n mondelinge opdrag van die destydse uitvoerende hoof van die Landbank. Dis sonder die nodige goedkeuringsprosedures gedoen. Mohlaloga se appèlaansoeke in die Hooggeregshof in Pretoria en die Appèlhof was onsuksesvol.
Gewese ANC-parlementslid begin tronkstraf uitdien vir bedrog en geldwassery