# Die Madlanga-kommissie het gehoor dat sekere polisiebeamptes probeer het om die ondersoek na die moord op ‘n ingenieur van Q-Tech Engineering, Armand Swart, te belemmer. Getuie A, wat aanlyn getuig, sê na die inhegtenisneming van drie verdagtes, insluitend die speurder Michael Pule Tau, is ondersoekbeamptes gewaarsku oor inmenging van die polisie. Hy getuig dat die verdagtes verbind word aan Gauteng se “groot vyf”-misdaadsindikaat, die oorlede taxibaas Jothan “Mswazi” Msibi, en ‘n offisier van die Valke, slegs bekend as “Zungu”:
Getuie A onthul verbintenis tussen Swart se moordverdagtes en oorlede taxibaas, “Mswazi” [SOUND]
ENG WitnessAOnLinks