# Die Gesondheidsdepartement het drie nuwe gevalle van a-pokke in Gauteng bevestig, wat die totaal in Suid-Afrika op 28 te staan bring sedert Mei verlede jaar. Een van die nuwe gevalle is ‘n 30-jarige man van Ekurhuleni wat onlangs na Uganda gereis het. Twee ander gevalle, ‘n 30-jarige man en ‘n 27-jarige vrou, is bevestig deur kontak-opsporing. Woordvoerder Foster Mohale sê aldrie sterk aan in afsondering. Hy vra waaksaamheid, en die publiek om higiëne voorop te stel en mediese hulp te kry as hulle simptome het.
Gesondheidsdepartement bevestig drie nuwe gevalle van a-pokke