# Die Departement van Gesondheid sê hy is besig met ‘n inentingsveldtog teen m-pokke, aangesien die aantal laboratoriumbevestigde gevalle in die land geleidelik aan die toeneem is. Twee laboratoriumbevestigde gevalle is onlangs in Gauteng en die Wes-Kaap aangeteken, wat die totale aantal bevestigde gevalle tot tien verhoog. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê hulle het ongeveer tienduisend-500 dosisse van die m-pokke-entstof, Imvanex, ‘n skenking van die Afrika-sentrum vir Siektebeheer ontvang:
Gesondheidsdepartement besig met inentingsveldtog teen m-pokke ná nuwe gevalle [KLANK]
ENG MohaleOnVaccination