# Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte waarsku die publiek oor vervalste lisensies wat deur onetiese verskaffers van gesondheidsprodukte gebruik word. Die woordvoerder, Yuven Gounden, sê hierdie vervalste dokumente verteenwoordig ‘n ernstige risiko vir openbare gesondheid en veiligheid. Daar is ook kommer oor die toename in dagga-verspreiders wat onregmatig aanspraak maak op bemagtiging. Hy moedig die publiek aan om lisensies op owerheid se webwerf of deur amptelik kanale te verifieer. Hy dreig oortreders met regsoptrede.
Gesondheidprodukte-reguleerder waarsku publiek oor vervalste gesondheidlisensies