# Die Brakpan-landdroshof het die moordsaak teen die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, en vier ander tot 13 Augustus uitgestel. Mkhwanazi sal in aanhouding bly nadat die staat borgtog teengestaan het. Die vyf word daarvan beskuldig dat hulle die sakeman Emmanuel Mbense, wie se liggaam in ‘n dam naby Nigel gevind is, vermoor het. Mkhwanazi se prokureur, Peter Wilkins, voer aan sy kliënt moet nie aan ‘n bylae ses-aanklag onderwerp word nie, en meen hy was hoogstens ‘n medepligtige aan die misdaad:
Geskorste EMPD-adjunkhoof en medebeskuldigdes bly in aanhouding, moordsaak uitgestel [KLANK]
ENG WilkinsOnBail