# Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisie, Julius Mkhwanazi, en die Ekurhuleni-stadsbestuurder, Kagiso Lerutla, verskyn môre weer in die Boksburg-landdroshof vir ‘n borgtogverhoor. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie wat verband hou met ‘n beweerde poging om in te meng met ‘n spoedoortredingsaak in 2019, insluitend bewerings dat Lerutla 400-duisend-rand aan Mkhwanazi betaal het om die saak terug te trek. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê ammunisie is tydens sy arrestasie in Mkhwanazi se besit gevind:
Geskorste EMPD-adjunkhoof Donderdag in hof vir borgtogverhoor [KLANK]
ENG MatheOnCharges