# Twee Malawiese burgers en ‘n Suid-Afrikaanse man is in hegtenis geneem toe die polisie in Limpopo twee gesteelde Nissan Navaras ter waarde van altesaam 1,5-miljoen-rand geskut het in afsonderlike intelligensiegedrewe operasies teen oorgrens-voertuigsmokkelary. Die voertuie is in Gauteng gesteel en onderskep toe dit na die Beitbrug-grenspos geneem is. Provinsiale polisiekommissaris Jan Scheepers het die gesamentlike operasie geprys en sê dit toon die sukses van intelligensiegedrewe wetstoepassing. Hy sê die verdagtes sal na verwagting vandag in die Landdroshof in Polokwane verskyn.
Gesamentlike operasie ontwrig oorgrens-voertuigsmokkelary