# Gemengde Gevegskuns: Die sportsoort maak volgende jaar sy debuut by die Asiatiese Spele wanneer Japan die vasteland se grootste sportbyeenkoms aanbied. Tydens ‘n byeenkoms in die gasheerstad Nagoya, is krieket ook formeel goedgekeur vir insluiting by die Spele. Gemengde Gevegskuns sal ses items insluit tydens sy debuut by die Asiatiese Spele en as ‘n dissipline onder gevegsport geklassifiseer word. Tot 15-duisend atlete kan van 19 September tot 4 Oktober by die Spele meeding, wat meer is as tydens die Olimpiese Spele.
Gemengde Gevegskuns: Die sport is ingesluit in 2026 Asiatiese Spele