# Die Departement van Gesondheid in Gauteng het gemeenskappe gewaarsku teen deur-tot-deur werwing vir vrywillige mediese manlike besnydenis. Dit volg nadat ‘n video op sosiale media rondgestuur is van ‘n vrou wat seuns namens ‘n ongeïdentifiseerde dokter in Tshwane werf. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê slegs gemagtigde diensverskaffers mag vrywillige mediese manlike besnydenis in veilige, goedgekeurde toestande uitvoer. Hy het beklemtoon dat mense wat hulself as amptenare voordoen van ‘n misdaad aangekla kan word:
Gemeenskappe gewaarsku teen onbevestigde werwingsveldtogte vir besnydenis [KLANK]
ENG-ModibaOnCircumcision