# Geen gemene spel word vermoed in gister se brand by ‘n elektriese substasie in Londen wat gelei het tot die algehele sluiting van een van wêreld se besigste lughawens, Heathrow, nie. Dit kon eers 16 uur later weer begin werk, wat wêreldwyd lugverkeerchaos veroorsaak het. Meer as 145-duisend passasiers is vermoedelik geraak. Die lughawe se uitvoerende hoof, Thomas Woldbye, het verskoning gevra vir die ontwrigting en die voorval beskryf as uiters ernstig. Hy sê hulle verwag om vandag weer ten volle in werking te wees.
Geen gemene spel vermoed in brand in substasie wat Heathrow tot stilstand dwing nie