Skip to content

Gebou-eienaars versoek om energieprestasie-sertifikate te bekom

# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, prys eienaars van groot openbare en privaat geboue wat aan die vereistes vir Energieprestasie-sertifikate voldoen het. Meer as tien-duisend geboue is geregistreer sedert die program in 2020 van stapel gestuur is, met meer as vyf-duisend-500 sertifikate wat uitgereik is. Graham-Maré sê die departement bevestig registrasies en sal belanghebbendes betrek om nakoming te verbeter. Sy sê sertifikate help gebou-eienaars om energie- en waterverbruik te monitor en koste te verminder, en ondersteun Suid-Afrika se pogings om energie-doeltreffendheid te verbeter en uitstralings te verlaag.