# Gayton McKenzie se Patriotic Alliance het ‘n wyk in ‘n tussenverkiesing in Johannesburg gewen wat voorheen deur die DA gehou is. In ‘n ander tussenverkiesing in Johannesburg het die DA wyk 99 behou deur 98-persent van die stemme te wen. Die ANC het sy wyk behou in ‘n tussenverkiesin in die Oos-Kaap. In KwaZulu-Natal het die ANC ‘n setel in uPhongolo by die wat IVP gevat, terwyl die MK-party ‘n wyk in KwaDukuza gewen het wat voorheen aan die ANC behoort het. In Limpopo het die ANC sy wyk behou.
Gayton McKenzie se Patriotic Alliance raap setel weg van die DA