# Die Gautengse LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Landbou en Landelike Ontwikkeling, Vuyiswa Ramokgopa, sê die provinsiale varkbedryf het meer as tien-miljoen-rand verloor ná sewe uitbrekings van Afrika-varkpes in Tshwane sedert November verlede jaar. Meer as 69-duisend varke is geraak in handels- en kleinskaalse boerderye, waarvan ongeveer 60-duisend vankant gemaak moes word. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê Afrika-varkpes en bek-en-klouseer dui op breër swakhede in provinsiale gereedheid vir dieregesondheid:
Gautengse varkbedryf verloor meer as R10-miljoen weens Afrika-varkpes [KLANK]
AFR EngelbrechtOnActionPlan