Skip to content

Gautengse Gesondheid waarsku teen winterbrandrisiko’s tydens Brandwond-bewusmakingsweek

# Die Gautengse Gesondheidsdepartement het tydens Nasionale Brandwond-bewusmakingsweek inwoners aangemoedig om waaksaam te bly. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, waarsku die gevaar van brandwonde vermeerder in die winter, veral onder kinders, bejaardes en in oorvol gebiede. Die veldtog, wat tot Maandag duur, is daarop gemik om brandverwante beserings te verminder en lewens in die provinsie te red. Hy beklemtoon hoe belangrik dit is om oop vlamme nooit sonder toesig te laat nie, sê verwarmers moet veilig gebruik word en noodhulp, soos om ‘n brandwond onder lopende water af te koel, is noodsaaklik.