# Die Gautengse Departement van e-Regering sal Donderdag en Vrydag ‘n tweedaagse e-afvalkonferensie in Johannesburg aanbied. Die woordvoerder, Neo Goba, sê die regering, akademici en belanghebbendes in die privaatsektor sal teenwoordig wees om die e-afvalbestuurstrategie in die provinsie te versnel. Hy het bevestig daar sal in besprekings gekyk word na wêreldwye neigings, volhoubare wegdoeningspraktyke, die rol van tegnologie en kunsmatige intelligensie rakende die bestuur van elektroniese afval, en ondersoek sal ingestel word oor werksgeleenthede in die groen ekonomie:
Gautengse e-Regering bied tweedaagse e-afvalkonferensie aan [KLANK]
ENG-GobaOnE-waste