# Die Gautengse Gesondheidsdepartement is bekommerd oor ‘n skerp styging in gevalle van hoë bloeddruk, veral onder volwassenes onder 45-jaar. Meer as 69-duisend nuwe gevalle is die afgelope jaar in die provinsie aangeteken, waarvan meer as 26-duisend onder jonger mense was. Woordvoerder Steve Mabona sê leefstyl-faktore soos spanning, swak dieet, ‘n gebrek aan oefening, vetsug en alkohol vereger die toename. Owerhede vra dat gereelde sifting en gesonder gewoontes nagestreef word, aangesien hoë bloeddruk ‘n belangrike oorsaak van beroerte en hartsiektes bly.
Gauteng waarsku oor stygende gevalle van hoë bloeddruk onder jong volwassenes