# Die Gautengse polisie het bevestig die voorsitter van die Gautengse Nasionale Taxi-alliansie, Thami Moyo, is op die Soweto-snelweg doodgeskiet. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê Moyo het bestuur toe hy deur verdagtes in ‘n Toyota-minibustaxi en ‘n Toyota Yaris onderskep is. Skote is afgevuur, en Moyo is op die toneel dood verklaar. Hy doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom:
Gauteng-polisie soek leidrade ná moord op voorsitter van Gautengse Nasionale Taxi-alliansie [KLANK]
ENG-MasondoOnMoya