Skip to content

Gauteng Landbou skenk saailinge aan 28 boerdery-koöperasies

# Die Departement van Landbou in Gauteng het saailinge aan 28 boerdery-koöperasies in Orange Farm suid van Johannesburg geskenk om te help met die stryd teen armoede en voedselonsekerheid. Die inisiatief is deel van die regering se pogings om honger te bestry en plaaslike landbou-ontwikkeling in kwesbare gemeenskappe te help ontwikkel. Die LUR, Vuyiswa Ramokgopa, sê 2,5-miljoen mense in die provinsie staar hongersnood in die gesig en dis ‘n onaanvaarbare situasie. Sy sê ‘n volhoubare voedselekonomie vir die gemeenskap moet gebou word eerder as om net tydelike voedselverligting te bied.