Skip to content

FW de Klerk-stigting sê Amerika se menseregteverslag moet wekroep wees vir RNE

# Die FW de Klerk-stigting sê Amerika se verslag oor menseregte in Suid-Afrika moet ‘n wekroep wees vir die regering van nasionale eenheid en die ANC. ʼn Groot deel van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se verslag handel oor die bekragtiging van die Onteieningswet, wat daarop dui dat die menseregte-situasie in die land verswak het. Die stigting sê die kern hiervan is dat die land ʼn ernstige ineenstorting van wet en orde ervaar en dringende stappe moet ingestel word om dit te herstel.