Skip to content

FW de Klerk se weduwee bied olyftak vir die families van Cradock-Vier

# Oudpresident FW de Klerk se weduwee het ‘n boodskap van steun aan die families van die Cradock-Vier gestuur voor die heropening van die derde geregtelike ondersoek na die moorde. Die vier is in 1985 deur die Suid-Afrikaanse veiligheidspolisie ontvoer en wreed vermoor. Die seun van een van die slagoffers, Lukhanyo Calata, het gister gesê Elita de Klerk het hom en die ander families sterkte toegewens met die hoop dat die ondersoek die waarheid en geregtigheid sal bring wat hulle nodig het vir genesing en afsluiting. Die geregtelike ondersoek word Maandag voortgesit.