# Die twee Suid-Afrikaanse ingenieurs, wat sedert 9 Februarie 2023 onwettig in Ekwatoriaal-Guinee aangehou is, is vrygelaat en is veilig tuis op Suid-Afrikaanse bodem. Hul vrylating volg op ‘n kwytskelding deur die president van Ekwatoriaal-Guinee, Teodoro Obiang Mbasogo. Frik Potgieter en Peter Huxham is persoonlik verwelkom deur die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, toe hulle gisteraand by die Lanseria-lughawe aangekom het. ‘n Woordvoerder vir die twee mans se families, Francois Nigrini, het hul diepste waardering uitgespreek teenoor almal wat onvermoeid agter die skerms gewerk het om hul vryheid te verseker:
Frik Potgieter en Peter Huxham vrygelaat ná aanhouding in Ekwatoriaal-Guinee [KLANK]
AFR FrancoisNigrinionDetention