Skip to content

Freedom Under Law veroordeel moorde op Oos-Kaapse aanklaers

# Freedom Under Law sê die onlangse moorde op twee Oos-Kaapse aanklaers is ‘n regstreekse aanval op die oppergesag van die reg. Tracy Brown is verlede week voor haar huis in Gqeberha doodgeskiet en Elona Sombulula is in April in Ngcobo vermoor. Die organisasie sê hierdie aanvalle weerspieël ‘n ontstellende patroon van geweld wat gemik is op diegene wat misdaad en korrupsie beveg. Woordvoerder Judith February waarsku voortgesette straffeloosheid stel die regstelsel en demokrasie in gevaar.