# ‘n Franse wynmaker is tronkstraf opgelê omdat hy vervalste sjampanje gemaak en verkoop het. Didier Chopin het honderde-duisende bottels van die drank verkoop. Hy’t dit gemaak van druiwe uit Spanje en die suide van Frankryk en geure en gas bygevoeg om dit te laat borrel. ‘n Hof in die grootste stad in die Champagne-streek, Reims, het hom tot 18 maande agter tralies gevonnis terwyl nog 30 maande opgeskort is. Chopin se vrou is ‘n opgeskorte vonnis van twee jaar opgelê op dieselfde aanklagte.
Franse wynmaker tronk toe gestuur vir maak en verkoop van vervalste sjampanje