# Die Franse president, Emmanuel Macron, het ‘n belegging van 444-miljard-rand aangekondig tydens ‘n Afrika-beraad in Kenia. Hy sê Afrika en Frankryk is gelyke vennote met gemeenskaplike doelwitte. Macron het 230-miljard-rand in beleggings in privaat en openbare fondse van Franse ondernemings aangekondig, asook 148-miljard-rand van Afrika-ondernemings, vir energie-oordrag, landbou en kunsmatige intelligensie. Die beraad word beskou as Frankryk se poging om sy bande met Engelssprekende Afrikalande te versterk te midde van verswakkende betrekkinge met sy voormalige kolonies op die vasteland.
Franse president Macron kondig belegging van R444-miljard in Afrika aan tydens beraad in Kenia