Skip to content

Franse akteur Gerard Depardieu kry opgeskorte vonnis vir seksuele aanranding

# Die Franse rolprentster Gerard Depardieu is ‘n opgeskorte vonnis van 18-maande opgelê nadat ‘n Paryse hof hom skuldig bevind het aan die seksuele aanranding van twee vroue op ‘n rolprentstel in 2021. Die hof het ook gelas dat Depardieu as ‘n seksoortreder geregistreer moet word, ‘n skouspelagtige val van glorie vir die 76-jarige wat die plaaslike rolprentbedryf ‘n halfeeu lank oorheers het. Depardieu het in meer as 200 rolprente en televisiereekse gespeel. Hy is die bekendste persoon om vasgevang te word in Frankryk se reaksie op die #MeToo-beweging.