# Frankryk sal na verwagting later vanjaar vir president Cyril Ramaphosa vir ‘n staatsbesoek uitnooi, na die terugtrekking van sy uitnodiging om die G7-beraad by te woon. Die stap word gesien as ‘n poging om diplomatieke spanning te verlig na berigte dat die uitnodiging as gevolg van druk deur die VSA herroep is. Die woordvoerder vir die Presidensie, Vincent Magwenya, sê egter Ramaphosa sal waarskynlik nie die aanbod aanvaar nie weens ‘n vol program, insluitend voorbereidings vir die plaaslike regeringsverkiesing.
Frankryk wil bande met SA herstel ná terugtrekking van G7-uitnodiging