Skip to content

FNB teken groei van 47% aan in virtuele transaksies

# FNB het die afgelope boekjaar ‘n toename van 47-persent in die waarde van digitale kaart-transaksies aangeteken, wat dui op ‘n groeiende aanvaarding van veilige digitale betaal-oplossings. Die bank sê dit weerspieël veranderende betaalgewoontes in sy digitale ekostelsel, wat meer as 19-miljoen gereelde platformgebruikers en meer as 12-miljoen kliënte bedien. Virtuele kaarte word toenemend gebruik vir aanlyn inkopies, betalings in winkels, reisbesprekings en intekeningdienste. FNB sê die volgehoue toename in die gebruik van digitale betaal-oplossings weerspieël ‘n groeiende vraag na veiliger en geriefliker betaalmetodes.