# FNB sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers onveranderd op sewe-persent te hou, is ʼn teken van ʼn opkomende verbeterde ekonomie. Die prima-uitleenkoers waarteen handelsbanke geld aan klante leen, is ook onveranderd op 10,5-persent. Ester Ochse van FNB sê deur rentekoerse bestendig te hou, word sekerheid gebied in ʼn tyd van onsekere globale en plaaslike toestande: