Skip to content

FNB moedig Suid-Afrikaners aan om spaar elke maand ‘n prioriteit te maak

# Terwyl Suid-Afrika nasionale spaarmaand vier, moedig FNB verbruikers aan om spaar ‘n prioriteit te maak ten spyte van toenemende finansiële druk op huishoudings. Die bank sê baie Suid-Afrikaners sukkel om te spaar met inligting wat daarop dui dat netto spaargeld oor die afgelope jaar afgeneem het. Carin Meyer van die bank moedig verbruikers aan om ‘n “betaal jouself eerste”-benadering te volg deur geld opsy te sit sodra hulle hul salarisse ontvang, selfs al is dit ‘n klein bedrag.