# Solidariteit sê vlieëniers van FlySafair vra die publiek om hulle staking oor veiligheid en werksomstandighede te verstaan. In ‘n ope brief aan die publiek, beklemtoon die vlieëniers hulle optrede gaan oor regverdige behandeling en tyd om te rus gaan, en nie oor geld nie. Hulle waarsku dat ‘n nuwe geoutomatiseerde skeduleringstelsel sekere vlieëniers dwing om lang, moordende skofte te werk, wat tot uitputting sal lei en die veiligheid van passasiers in gevaar stel. Solidariteit vra die lugredery en die regering om hierdie bekommernisse dringend aan te spreek.
FlySafair vlieëniers verbreek stilte met ope brief oor veiligheid