Skip to content

FlySafair gaan voort met beperkte vlugskedule te midde van vlieënierstaking

# FlySafair sê hy gaan voort met ʼn bestendige maar beperkte vlugskedule terwyl die vlieënier-staking se tweede week begin. Stakende vlieëniers wat deur Solidariteit verteenwoordig word, het ʼn nuwe aanbod oor salarisse en diensvoorwaardes wat die maatskappy oor die naweek gemaak het, verwerp. Die vakbond sê geskille oor ʼn vergoedingsaanbod en skofroosterstelsel is steeds nie opgelos nie. Kirby Gordon van FlySafair sê die partye gaan voort om te goeder trou te onderhandel. Hy sê hulle hoop om gou tot ʼn vergelyk te kom.