# Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het die name van 16-duisend-556 werkgewers gepubliseer wat nie hulle aftreefondsbydraes nagekom het nie. Dit raak ongeveer 590-duisend lede en laat 8,33-miljard-rand onbetaald. Die woordvoerder van die owerheid, Keabetswe Tsuene, sê die stap is daarop gemik om deursigtigheid te verbeter, die lede van aftreefondse te beskerm en werkgewers aan te moedig om aan die wet te voldoen. Die reguleerder sê hy sal voortgaan om met wetstoepassing en ander staatsagentskappe saam te werk om uitstaande bydraes te verhaal en werkgewers wat nie betaal nie aanspreeklik te hou.
Finansiële Sektor-gedragsowerheid stel name van duisende pensioenfondswanbetalers bekend