Skip to content

Finansiële Gedragsowerheid gaan Openbare Beleggingskorporasie ondersoek

# Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het ‘n ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie van stapel gestuur, dae nadat die uitvoerende hoof van die korporasie se raad, Patrick Dlamini, voorlopig geskors is ná bewerings van onbehoorlike optrede. Die korporasie is Afrika se grootste batebestuurder en hou toesig oor 3,6-duisend-miljard-rand se staatspensioen- en maatskaplike versekeringsfondse. Die owerheid is toenemend bekommerd oor onlangse verwikkelinge, veral dié wat verband hou met bestuur, leierskaps-bestendigheid, deursigtigheid en die moontlike uitwerking op die integriteit en vertroue in een van Suid-Afrika se belangrike finansiële instellings.