# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië kritiseer en hom beskuldig dat hy diegene wat die Guptas voor die gereg moet bring in die gesig spoeg. Zuma is tydens sy besoek by ‘n Hindoe-tempel saam met Ajay Gupta afgeneem. Die Nasionale Vervolgingsgesag het verskeie mislukte pogings aangewend om Ajay en sy broer Rajesh aan Suid-Afrika uitgelewer te kry om op klagte van staatskaping tereg te staan. Mbalula sê Zuma moet die regering inlig oor waar die Guptas is in plaas daarvan om saam met voortvlugtende misdadigers partytjie hou.
Fikile Mbalula kritiseer Jacob Zuma se ontmoeting met voortvlugtige Guptas