# Fannie Nkosi, die geskorste lid van die polisie se georganiseerde misdaadeenheid, betwis vandag die afkeuring van sy borgtogaansoek in die Hooggeregshof in Pretoria. Hy is verlede maand in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van hoëkaliber vuurwapens, ‘n skokgranaat, polisiedossiers en kontant. Nkosi se prokureur, Hendrik Potgieter, het aan regter Mokhine Mosopa gesê die staat het nie bewys dat Nkosi ‘n gevaar vir die samelewing is nie of dat hy waarskynlik met ondersoeke sal inmeng as hy op borgtog vrygelaat word nie:
Fannie Nkosi doen weer aansoek vir borgtog [KLANK]
ENG PotgieterOnBail