# Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, is in die Pinetown-landdroshof in KwaZulu-Natal op borgtog van tienduisend rand vrygelaat. Adams staan tereg op aanklagte van bedrog en regsverydeling oor bewerings dat hy ingemeng het in die ondersoek na die moord op die voormalige ANC-jeugligaleier, Sindiso Magaqa, in 2017. Die hof het streng borgtogvoorwaardes opgelê, insluitend ‘n verbod op die kontak van getuies en gereelde aanmelding by die polisie. Die saak is tot 14 Augustus uitgestel.
Fadiel Adams verbied om getuies te kontak, op borgtog van R10 000