# Everest Wealth sê die Suid-Afrikaanse Rerserwebank gaan waarskynlik nie vandag die rentekoers verander nie. Die rentekoers mag onveranderd bly of net met 25 basispunte verlaag word, met geen beduidende verlagings wat vir eers verwag word nie. Dit volg na kommer oor inflasierisiko’s, met sommige lede van die Monetêre Beleidskomitee wat geen verandering voorstaan nie. Riaan Grobler van Everest Wealth sê inflasierisiko’s en wêreldfaktore, soos die Amerikaanse handelsbeleid en stygende elektrisiteitskoste, sal die bank se besluit beïnvloed.
Everest Wealth voorspel Reserwebank sal nie rentekoerse verander nie