# Die Europese Kommissie sê hy wil hê die Wêreld-plastiekverdrag moet die hele lewensiklus van plastiek dek – van vervaardiging tot die vullishouer. Afgevaardigdes van meer as 100 lande vergader hierdie week in Genève, Switserland, om te beraadslaag oor ʼn wetlik bindende verdrag om plastiekbesoedeling te bekamp. Wêreldwyd word 400-miljoen ton plastiek jaarliks vervaardig, maar slegs nege-persent word herwin. Die Europese Unie sê die verdrag moet ook maatreëls insluit om skadelike plastiekprodukte uit te faseer wat mense se gesondheid en die omgewing bedreig.
EU werk aan ooreenkoms wat plastiek se hele lewensiklus hanteer