Skip to content

EU sê Temu doen nie genoeg om verbruikers te beskerm nie

# Die Europese Unie beskuldig die Chinese aanlyn-inkopiereus Temu dat hulle die EU se digitale reëls oortree deur nie deeglik vas te stel of produkte wettig is nie. EU-reguleerders glo nie dat Temu genoeg doen om Europese verbruikers teen gevaarlike produkte te beskerm nie. Die Europese Kommissie sê daar is bewyse dat daar ‘n groot risiko is dat EU-verbruikers onwettige produkte op die webwerf kan raakloop. Temu het die Europese mark in 2023 betree, maar geniet reeds ongekende gewildheid met ‘n gemiddeld van 93,7-miljoen aktiewe gebruikers per maand in die EU-blok van 27 lande.