# Die Verenigde Nasies se Klimaatsweek word in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba, aangebied. Dit word bygewoon deur regeringsamptenare, finansiers soos ontwikkelingsbanke, sakeondernemings, die burgerlike samelewing en inheemse bevolking. Die doel is om die lewering van waarborge en klimaatsoptrede op grondvlak te versnel. Die VN-klimaatsverandering se adjunk- uitvoerende sekretaris, Noura Hamladji, sê klimaatsweke word gehou om die internasionale klimaatsproses met mense se daaglikse lewens en ware ekonomieë te verbind. Klimaatsweek gaan oor in volgende week se tweede Afrika-klimaatsberaad.
Ethiopië bied VN-klimaatsweek aan