# eThekwini-burgemeester, Cyril Xaba, sê die munisipaliteit handhaaf ʼn sterk finansiële posisie en kenners het toenemend vertroue dat sy finansies bestendig sal bly. Die raad het in Mei amptelik die metro se 2026-2027 Medium Termyn Inkomste- en Uitgawe-raamwerk aanvaar met ʼn totale begroting van 75,3-miljard-rand. Dis gemik op die bespoediging van dienslewering, infrastruktuur-hernuwing en die instelling van omkeerstrategieë vir eThekwini se handelsdienste. Xaba sê hulle het nie skuld wat water- en elektrisiteitsdienste betref nie, en waarborg inwoners dus ononderbroke voorsiening van hierdie noodsaaklike dienste:
eThekwini-burgemeester sê metro se finansiële gesondheid is oor die algemeen goed [KLANK]
ENG XabaOnFinances